50 Cent

50 Cent
50 Cent buite 'n gebou in New York Stad in 2006
Agtergrondinligting
GeboortenaamCurtis James Jackson III
Ook bekend as50 Cent
Gebore6 Julie 1975 (1975-07-06)
Suid-Jamaika, Queens, New York Stad, V.S.A.
OorsprongNew York Stad, New York, VSA
GenresKletskuns, hip-hop
Beroep(e)Kletskunstenaar
Akteur
Entrepreneur
Sanger
Uitvoerende Vervaardiger
Jare aktief1998 – hede
EtiketteJam Master Jay
Columbia
Violator
Aftermath/Shady/G-Unit/Interscope
Ill Flava Records
Baby Ray Productions
AssosiasiesG-Unit, Eminem, Dr. Dre, Mobb Deep, Sha Money XL, Ciara, Karl Hinds, Akon
Webwerf50cent.com
thisis50.com

Curtis James Jackson III (gebore op 6 Julie 1975),[1] verhoognaam 50 Cent, is 'n Amerikaanse kletskunstenaar, sanger, liedjieskrywer, akteur, televisievervaardiger, sakeman en belegger. Hy word ook herken onder die byname Fifty Cent en Fiddy Cent. Hy het bekendheid verwerf na die sukses van sy albums Get Rich or Die Tryin' (2003) en The Massacre (2005). 50 Cent het multi-platinum status bereik met beide albums. Hy het al ongeveer 22 miljoen albums wêreldwyd verkoop.[2]

50 Cent is gebore in Suid-Jamaika, Queens en het begin om met dwelms handel te dryf op twaalfjarige ouderdom gedurende die 1980's se kokaïenepidemie.[3] Nadat hy dwelmhandel verlaat het om 'n kletsmusiekloopbaan te volg is hy in 2000 nege keer geskiet.

Na die vrystelling van sy album Guess Who's Back? in 2002, is 50 Cent ontdek deur die kletskunstenaar Eminem en het hy 'n platekontrak by Interscope Records geteken. Met die hulp van Eminem en Dr. Dre—wie sy eerste kommersiële suksesse vervaardig het—het hy een van die wêreld se kletskunstenaars met die hoogste verkope geword. In 2003 het hy sy eie platemaatskappy, G-Unit Records, gestig wat verskeie suksesvolle kletskunstenaars soos Young Buck, Lloyd Banks en Tony Yayo gevestig het. 50 Cent het in bekgevegte betrokke geraak met ander kletskunstenaars, wat Ja Rule, The Game, Fat Joe en onlangs ook Rick Ross ingesluit het.

Hy streef ook 'n loopbaan as akteur na met verskynings in die semi-outobiografiese rolprent Get Rich or Die Tryin' in 2005, 'n rolprent oor die Irakese oorlog genaamd Home of the Brave in 2006 en Righteous Kill in 2008.

  1. "Inmate Population Information Search". Department of Correctional Services. New York State. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2008. Besoek op 1 September 2010.
  2. Thornburgh, Nathan (10 September 2007). 10 Questions for 50 Cent Geargiveer 11 Augustus 2010 op Wayback Machine. Time. URL besoek op 13 September 2007.
  3. Campion, Chris (12 Augustus 2005). Right on the money. The Observer. URL besoek op 22 Mei 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy